dagboek > overzicht
Dagboek april 2016Bekiek hele maand 
 
11 april om 15:49
 
Die Liefde Is Altyd Daar





Jy kan die liefde liefhę
Jy kan die liefde haat
Jy kan die liefde breek
En jy kan liefde maak
Jy kan liefde verklaar
Jy kan liefde verswyg
Jy kan die liefde soek
En jy kan haar ontwyk

Maar die liefde is altyd daar
Soos die son in die nag
Haar lig gee aan die maan
Jy sien haar nie
Maar sy is daar
Ja die liefde is altyd daar

Jy kan die liefde droom
Leef
Verlies
Vergeet
Jy kan met haar dans
En reis oorals heen
Soms sien jy liefde saam
Soms sien jy dit alleen

Ons kan mekaar
Die oorlog verklaar
Ons kan dink ons weet
Wat is wat en wat is waar
Ons kan in die nag
In die oneindigheid staar
Ons kan aan die rand
Van die afgrond staan

Maar die liefde is altyd daar
Soos die son in die nag
Haar lig gee aan die maan
Jy sien haar nie
Maar sy is daar
Ja die liefde is altyd daar

Stef Bos